
=====================================================================
Jy kan s SKS staan vir So Karoo Soos ... (AV 5:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Jy kan s SKS staan vir So Karoo Soos ...

Fanus Rautenbach   vertel van die vuur wat Suid-Kaap Stereo (SKS) blaas in Afrikaans se voortbestaan.

"HIER waai vandag so 'n mannetjieswind", dis wat onse kontrei s as die stuitige bergwindjie die meisies se lenterokkies so lig-lig.

SKS: So Karoo Soos -- 'n kop-uit-die-sand-volstruis; ja, so Afrikaans soos Hoenderkraai, Kekkel en Kraai is hierdie twee jaar oue 
gemeenskapstasie, Suid-Kaap Stereo. Van sesuur soggens tot halfelf saans word daar Sonder Hoed of Handskoen oubek gemaak met 
Kontreikalenders en ander Karoohoorgoed vir die Kortvolk en ook vir die Naguile.

Dit is sommige van die Afrikaanse titels van programme oor SKS. Di Suid-Kaap Stereo is nie sommer nie ...

"Ek kan jou nie die resep vir sukses gee nie, maar ek kan jou die resep vir mislukking gee: probeer al die luisteraars gelukkig en tevrede 
hou!"

Hierdie wysheid skitter bokant die progambestuurder, Marina Mller, se woordploeg -- mos 'n lekker naam vir 'n woordverwerker.

Nadat Marina Mller en haar man, Paul Eilers, twee jaar gelede uit 'n woonwa begin uitsaai het, het die luistertal so gestyg dat dit hulle 
die naasgrootste kontreikletsers in die land gemaak het.

So groot is SKS se luisteraarsgebied dat daar van twee golflengtes gebruik gemaak word. C.J. Langenhoven se Oudtshoorn saai op 104.1 FM 
STEREO uit vir die Klein Karoo van Ladismith tot by De Rust. Van George word op 107.8 FM STEREO vir die omgewing van die Tuinroete 
uitgesaai. Daar is ook 'n moderne mobiele ateljee, die Sanlam Studio, wat vir promosies en ander buite-uitsendings gebruik word. Gaan hy 
Fees toe, is kleingat en muishond daar, want dis mos onse mense.

Suid-Kaap Stereo het op die oomblik 16 permanente en 25 vryskut- ouens in diens. Party praat net, maar die ander werk darem. Werk dat die 
geelhoutvloere bewe. Kerkstraat 20 is deesdae nog 'n baken in Oudtshoorn. Hierdie kontreihuis waar SKS gevestig is, word in een asem genoem 
saam met die Swaaibrug, die groot Klein Karoo Kunstefees, Arbeidsgenot en Afrikaans.

S jy die etensuurprogram se naam is Vat 'n Hap, verander die luisteraars dit in Smeer Hom Jm. Die aanbieder weet watter kant sy brood 
gebotter is, aangesien sy hoorders demokraties is en hy hulle nie kan melk waar hulle nie eens spene het nie.

"Nee, al luister hulle na jou," s die betrokke omroeper, "kan jy hulle nie 'n bril op die neuse sit nie."

S jy: "Hulle luister na jou, nie vir jou nie," sal iemand dadelik Karookommentaar lewer met: "N?"

Of beter nog: "Hora!" (Hoor daar!)

Stem jy saam, koor die kontrei: "Smeer hom jm!"

Stem jy nie saam nie, smeer hulle jou modder in die program S jou s.

Dan vat jy maar 'n Bekvol Jazz, Sleep 'n Stoel (nader) en terwyl jy Terugsittyd geniet en na die nuus luister, sal iemand alte seker inbel 
en s hy of sy het Iets op die Hart en jou inlig dat "Bul Clinton 'n presedent geskep het" ('n president geskape het?), waarop hierdie 
bekkige antwoord sou volg: "Monica, moenie kaf praat nie!"

Woordpaljas is 'n program waarin die luisteraars van hierdie kontrei geesdriftig saamspeel en streekidiome en sgoeters aangee.

"Hy wat modder gooi, verloor net grond", maar "die kind in die abbasak wat nie skreeu nie, gaan dood van die honger ..."

Selfs rugby word ingespan om Afrikaans 'n hupstoot te gee: oompie Adam s hy kan nie Engels praat nie -- "Ingels, ja-nee. Ek kan hom 
aanvat, maar ek kan hom nie aangee nie."

In die luistergebied van Suid-Kaap Stereo is daar 95% Afrikaanssprekendes. Die uitvoerende direkteur, Paul Eilers,   en die voorsitter van 
die direksie, ds. Andr Boezak,   hoop om 400 000 luisteraars te betrek wanneer SKS 'n seinsterkte kry wat oral dieselfde is. Hora!

Hier s hulle jy mag ou koeie uit die sloot grawe, maar dan kry jy modderspore op die bors. Hulle ploeg wel met anderman se kallers, maar 
ploeg l baie n aan pleeg en dan word dit: as jy egbreuk pleeg, ploeg jy met anderman se koei.

"N?" Fanus Rautenbach   is deesdae op SKS die aanbieder van Smeer Hom Jm.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av548.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1998 /// 'n Taalstroom waaruit almal kan drink (AV 5:4) /// 
'Maak Afrikaans 'n inklusiewe Afrika taal' (AV 5:4) /// 'Met 'n los lit kom jy nie ver nie' (AV 5:4) /// ns Afrikaans vir vandag (AV 5:4) 
/// Oor taalruimte en vennootskappe (AV 5:4) /// ONS LESERS SKRYF (AV 5:4) /// Boeklose Renaissance kan nie slaag nie (AV 5:4) /// Jy kan 
s SKS staan vir So Karoo Soos ... (AV 5:4) /// Afrikaans se veilige hawe elders (AV 5:4) /// Lag of huil oor di musiek? (AV 5:4) /// Di 
volksmusikus kom van ver af (AV 5:4) /// Goeie musiek kook al hoe kwaaier (AV 5:4) /// Die bedreiging kom van binne (AV 5:4) /// 
Intellektuele inhoud ontbreek (AV 5:4) /// Afrikaans het biegkamer nodig (AV 5:4) /// Herinneringe aan 'n Wes-Kaapse winter (AV 5:4) /// 
Nederlandistiek kongresse aan die Kaap (AV 5:4) /// Moet Afrikaans en Nederlands se paaie skei? (AV 5:4) /// Jongste ng raap Pendoring se 
'prestige' op (AV 5:4) /// Afrikaanse reklame val van 'n Engelse perd (AV 5:4) /// Die land van braaivleis, sonskyn en Chevrolet (AV 5:4) 
///

